Louis & Deidrè - Zakopane Country Village

Louis en ek het ontmoet by 'n gemeenskaplike vriend se braai.  Na 'n baie lekker kuier moes ek gou my vriendin gaan aflaai en het toe besluit om verder te gaan kuier om die ou (Louis) wat my aandag getrek het, beter te leer ken.  Daardie aand het ons lekker gedans, gepraat en gelag.  Hy het toe my nommer gevra.


Ons het baie geleer in ons pad wat ons saam geloop het.  Ons het liefde gevind wat ons nie geweet het bestaan of kan bestaan nie.  Ons is altyd daar vir mekaar.  Ons sien uit om ons lewens met mekaar te kan deel en met God.  Om mekaar se beste vriende te wees en om 'n huisie en lewe saam te bou en saam te werk.  Daar is baie opwinding rondom ons troue.  Die uitdaging is dat ons die troue ver van mekaar af beplan, maar ons werk as 'n span saam en staan by ons besluite.  Dit is ons albei se trou dag en ons wag al lank vir dit om 'n waarheid te word.  Die opwinding raak net meer soos ons liefde vir mekaar!